terugskryf [boodskap #145942] |
Fri, 26 July 2024 12:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terugskryf
Afbreking: te•rug•skryf
Samestelling: terug + skryf
Werkwoord: terugskryf, skryf terug
Verlede tyd: het teruggeskryf
Betekenis:
• Om vir iemand te skryf wat vir jou geskryf het.
• Om 'n transaksie om te keer.
Gebruik:
• Sy het vir my 'n brief geskryf, maar ek moet nog terugskryf.
• Die foutiewe betaling is teruggeskryf.
Wisselvorm:
• terugskrywe
Sinoniem:
• antwoord
• beantwoord
• terugboek
• terugrol
Vertaling:
Engels: to write back
Nederlands: terugschrijven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|