meesterlik [boodskap #145937] |
Fri, 26 July 2024 07:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
meesterlik
Afbreking: mees•ter•lik
Samestelling: meester + -lik
Byvoeglike naamwoord: meesterlik
Vergrotende trap: meesterliker
Oortreffende trap: meesterlikste
Attributief: meesterlike
Partitief: meesterliks
Betekenis:
• Baie goed, soos 'n meester dit sou doen.
Gebruik:
• C.J. Langenhoven was 'n veelsydige skrywer wat meesterlike prosa en poësie geskryf het.
Sinoniem:
• briljant
• deskundig
• eersterangs
• ervare
• formidabel
• magistraal
• professioneel
• uitstekend
• uitmuntend
• vaardig
• vernuftig
• voortreflik
Hiponiem:
• grootmeesterlik
Vertaling:
Engels: masterful, masterly, excellent
Nederlands: meesterlijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|