Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beëdig
beëdig [boodskap #145936] Fri, 26 July 2024 06:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
beëdig
Afbreking: be•ë•dig
Samestelling: be- eed + -ig


Werkwoord: beëdig
Verlede tyd: het beëdig

Betekenis:
• Om 'n eed af te lê.
• Om met 'n eed te bekragtig.

Gebruik:
• Die nuwe minister is in sy pos beëdig.
• Die afskrif moet by 'n polisiestasie beëdig word.

Sinoniem:
• bekragtig
• insweer

Afgelei:
• beëdiging

Vertaling:
Engels: to swear in
Nederlands: beëdigen


Byvoeglike naamwoord: beëdig
Attributief: beëdigde

Betekenis:
• Wat onder eed bevestig is.

Gebruik:
• Die getuie het 'n beëdigde verklaring afgelê.

Antoniem:
• onbeëdig

Vertaling:
Engels: sworn
Nederlands: beëdigd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bedagsaamheid
Volgende onderwerp: meesterlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 21:17:03 UTC 2024