veralgemeen [boodskap #145930] |
Thu, 25 July 2024 16:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veralgemeen
Afbreking: ver•al•ge•meen
Samestelling: ver- + algemeen
Werkwoord: veralgemeen
Verlede tyd: het veralgemeen
Betekenis:
• Om (na aanleiding van een of enkele gevalle) tot 'n algemene gevolgtrekking te kom; oor dieselfde kam skeer.
Gebruik:
• Jy veralgemeen darem nou baie deur sommer aan te neem dat alle mans lui is.
Sinoniem:
• generaliseer
• normaliseer
• rasionaliseer
Afgelei:
• veralgemeende
• veralgemening
Vertaling:
Engels: to generalize, generalise
Nederlands: veralgemenen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|