koelhouer [boodskap #145905] |
Wed, 24 July 2024 08:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koelhouer
Afbreking: koel•houer
Samestelling: koel + houer
Selfstandige naamwoord: koelhouer
Meervoud: koelhouers
Verkleinwoord: koelhouertjie
Meervoud van verkleining: koelhouertjies
Betekenis:
• 'n Houer (meestal draagbaar) waarin bederfbare produkte koud gehou word.
Gebruik:
• Pak jou koelhouer, ons gaan piekniek hou.
Sinoniem:
• koelboks
• koelsak
• ysboks
Vertaling:
Engels: cool box, ice box
Nederlands: koelhouer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|