terugpraat [boodskap #145902] |
Wed, 24 July 2024 07:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terugpraat
Afbreking: terug•praat
Samestelling: terug + praat
Werkwoord: praat terug, terugpraat
Verlede tyd: het teruggepraat
Betekenis:
• Om te praat as daar met jou gepraat word, dikwels net om die laaste woord in te kry.
Gebruik:
• Moenie terugpraat as jou ma met jou praat nie.
Sinoniem:
• antwoord
• stry
• teenpraat
Vertaling:
Engels: to talk back
Nederlands: terugpraten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|