Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toneelspeel
toneelspeel [boodskap #145885] Sun, 21 July 2024 09:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
toneelspeel
Afbreking: to•neel•speel
Samestelling: toneel + speel


Werkwoord: speel toneel, toneelspeel
Verlede tyd: het toneelgespeel

Betekenis:
• Om 'n rol te speel in 'n toneelspel (verhoog, rolprent, TV-sepie, ens.)
• Om voor te gee.

Gebruik:
• Hy het op agt begin toneelspeel en later 'n graad in drama verwerf.
• Sy kon toneelspeel en het haar ouers om haar pinkie gedraai.

Sinoniem:
• dramatiseer
• naboots
• uitbeeld

Afgelei:
• toneelspeler
• toneelspeelster

Vertaling:
Engels: to act, put on an act
Nederlands: toneelspelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sêding
Volgende onderwerp: roeping
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 21:10:41 UTC 2024