Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitmergelend
uitmergelend [boodskap #145879] Sun, 21 July 2024 08:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitmergelend
Afbreking: uit•mer•ge•lend
Samestelling: uitmergel + -end


Byvoeglike naamwoord: uitmergelend
Vergrotende trap: uitmergelender
Oortreffende trap: uitmergelendste
Attributief: uitmergelende
Partitief: uitmergelends

Betekenis:
• Wat 'n mens uitmergel (baie moeg maak; uitput).

Gebruik:
• Die Comrades-maraton is 'n uitmergelende wedloop.

Sinoniem:
• afmattend
• dreinerend
• moordend
• uitputtend
• veeleisend
• vermoeiend

Vertaling:
Engels: exhausting, debilitating, backbreaking
Nederlands: vermoeiend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sonsteek
Volgende onderwerp: opduik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 21:37:09 UTC 2024