Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » prysgee
prysgee [boodskap #145864] Fri, 19 July 2024 17:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
prysgee
Afbreking: prys•gee
Samestelling: prys + gee


Werkwoord: gee prys, prysgee
Verlede tyd: het prysgegee

Betekenis:
• Om van iets afstand te doen; as verlore beskou.

Gebruik:
• Moenie jou geluk prysgee nie.
• Wat het jy prysgegee wat van jou 'n sterker mens gemaak het?

Sinoniem:
• afsien
• afstaan
• inboet
• ontbeer
• oorgee
• opsê
• opoffer
• verbeur
• versaak

Vertaling:
Engels: to abandon, give up, surrender, hand over
Nederlands: prijsgeven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wanfunksioneel
Volgende onderwerp: deurstuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 21:40:40 UTC 2024