vrugtevlieg [boodskap #145855] |
Wed, 17 July 2024 14:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vrugtevlieg
Afbreking: vrug•te•vlieg
Samestelling: vrugte + vlieg
Selfstandige naamwoord: vrugtevlieg
Meervoud: vrugtevlieë
Verkleinwoord: vrugtevliegie
Meervoud van verkleining: vrugtevliegies
Betekenis:
• 'n Kleinerige vlieg wat in oorryp en vrot vrugte nes maak, genus Drosophila.
Gebruik:
• Vrugtevlieë is 'n groot oorlas, aangesien hulle vrugte en groente beskadig.
Afgelei:
• vrugtevlieggetalle
• vrugtevlieglokaas
• vrugtevliegspesies
Vertaling:
Engels: fruit fly
Nederlands: fruitvlieg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|