toedig [boodskap #145818] |
Wo, 10 Julie 2024 12:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toedig
Afbreking: toe•dig
Samestelling: toe + dig
Werkwoord: toedig
Verlede tyd: het toegedig
Betekenis:
• Om 'n (meestal onregverdige) eienskap toe te ken.
• Om die oorsprong of oorsaak van iets aan te dui (dikwels ten onregte).
Gebruik:
• Die toedig van menslike eienskappe aan lewelose dinge word personifikasie genoem.
• Die aanhaling word, sonder die verstrekking van 'n presiese bron, aan Plato toegedig.
Sinoniem:
• aanreken
• akkrediteer
• toeëien
• toereken
• toeskryf
Afgelei:
• toedigting
Vertaling:
Engels: to ascribe, attribute, impute, blame
Nederlands: toedichten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|