kaplaks [boodskap #145775] |
Wo, 03 Julie 2024 19:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20791 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kaplaks
Afbreking: ka•plaks
Bywoord: kaplaks
Betekenis:
• Klanknabootsing (onomatopee) van iets wat iets anders tref.
Gebruik:
• Sy spring oor die heining en val kaplaks in 'n doringbos.
Sinoniem:
• doef
• plof
• plomp
• plons
• woeps
Vertaling:
Engels: plonk, splat
Nederlands: plof, plomp, plons
Tussenwerpsel: kaplaks
Betekenis:
• Die dowwe, weerklinkende klank van iets wat iets anders tref.
Gebruik:
• Kaplaks! Slaan sy op die grond neer.
Vertaling:
Engels: plonk!, splat!
Nederlands: plof!, plomp!, plons!
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|