Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stormram
stormram [boodskap #145707] Thu, 27 June 2024 15:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Stormram word gebruik om deur 'n kasteel se poorte te breek.
'n Stormram word gebruik om deur 'n kasteel se poorte te breek.
stormram
Afbreking: storm•ram
Samestelling: storm + ram


Selfstandige naamwoord: stormram
Meervoud: stormramme
Verkleinwoord: stormrammetjie
Meervoud van verkleining: stormrammetjies

Betekenis:
• 'n Swaar werktuig om deure, mure en hekke oop te slaan.
• (figuurlik) Iets waarmee 'n mens kan deurbreek; 'n deurslag kan maak.

Gebruik:
• Die polisie het die huis omsingel en die deur met 'n stormram oopgestamp.
• Die span se stormram, Renaldo Bothma, het agt drieë in 17 toetse gedruk.

Sinoniem:
• muurbreker
• rammei
• stamper
• stormbalk

Vertaling:
Engels: battering ram
Nederlands: stormram

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: soja
Volgende onderwerp: skopper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 02:35:39 UTC 2024