| soja [boodskap #145706] |
Wo., 26 Junie 2024 19:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Verskillende sojabone.
soja
Afbreking: so•ja
Selfstandige naamwoord: soja
Meervoud: sojas
Betekenis:
• Die peulgewas Glycine max, of die eetbare boontjies wat dit lewer.
Gebruik:
• Soja is 'n belangrike bron van proteïen vir plaasdiere, wat dierlike proteïen vir menslike gebruik lewer.
Afgelei:
• soja-oes
• soja-olie
• sojaboon
• sojameel
• sojamelk
• sojaolie
• sojaplant
• sojasous
Vertaling:
Engels: soy
Nederlands: soja
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|