opdeel [boodskap #145634] |
Vr, 21 Junie 2024 08:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opdeel
Afbreking: op•deel
Samestelling: op + deel
Werkwoord: deel op, opdeel
Verlede tyd: het opgedeel
Betekenis:
• Om 'n geheel (tot alles op is) in kleiner dele te verdeel.
Gebruik:
• Deel die lekkers tussen ons op.
• Die aarde word in 24 tydsones van 15° elk opgedeel.
Sinoniem:
• opbreek
• segmenteer
• skei
• split
• verdeel
Vertaling:
Engels: to divvy up, subdivide
Nederlands: opdelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|