Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gedienstig
- gedienstig [boodskap #145607] Tue, 18 June 2024 09:58 na volgende boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21403
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedienstig
Afbreking: ge•diens•tig
Samestelling: ge- + dienstig


Byvoeglike naamwoord: gedienstig
Vergrotende trap: gedienstiger
Oortreffende trap: gedienstigste
Attributief: gedienstige

Betekenis:
• Wat gewillig en gretig is om te dien; graag diens doen.

Gebruik:
• Selfs 'n gedienstige werker kan maklik sy pos verloor.

Sinoniem:
• behulpsaam
• diensbaar
• diensvaardig
• dienswillig
• gedwee
• gehoorsaam
• gewillig
• hulpvaardig
• inskiklik
• kruiperig
• onderdanig
• onderworpe
• tegemoetkomend
• toeskietlik

Antoniem:
• ongedienstig

Hiponiem:
• oorgedienstig

Afgelei:
• gedienstigheid

Vertaling:
Engels: obliging, officious
Nederlands: gedienstig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
- Re: gedienstig [boodskap #147697 is 'n antwoord op boodskap #145607] Mon, 24 March 2025 15:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter van Wyk  is tans af-lyn  Wouter van Wyk
Boodskappe: 1
Geregistreer: March 2025
Karma: 0
Junior Lid
Met watter werkwoord word die byvoeglike naamwoord "gedienstig" gekombineer?
* "Ons stel/maak iets gedienstig aan" ?
- Re: gedienstig [boodskap #147715 is 'n antwoord op boodskap #147697] Mon, 31 March 2025 18:05 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 530
Geregistreer: May 2018
Karma: 22
Senior Lid
Hoewel "gedienstig" hier as 'n byvoeglike naamwoord geklassifiseer word, kan dit ook as 'n bywoord dien.
In die lyn van jou voorbeeld (bywoordelike gebruik), kan werkwoorde soos "is", "was", "word", "maak", "stel", ens. pas.
Hoop dit help!
Vorige onderwerp: regsfirma
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Mar 31 18:51:02 UTC 2025