Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Libertarians (was waarskuwing aan johan)
Re: Libertarians (was waarskuwing aan johan) [boodskap #18591] Mon, 26 October 1998 00:00
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: May 1998
Karma: 0
Senior Lid
'n 'Libertarian' be-oog die volgende:

Om so min as moontlik owerheid te h^e, slegs die polisie en die howe daar te
stel. 'n Minderheid glo dat die vryemark selfs die rol beter kan vertolk.

200 jaar terug was 'liberaal' en 'libertarian' dieselfde ding: hulle was vir
die indiwidu, vryemark aanhangers en gekant teen die regering en die se
invloed. Die Liberales is egter so 100 jaar of wat terug deur Karl Marx se
teorie"e beinvloed, en het begin glo dat die owerheid die rol het om die sg.
'social justice' teweeg te bring. Hulle het intussen vergeet van ekonomiese
vryheid, en veg deesdae vir ho"er belastings, groter owerheidsrol en meer
beheer.

Die 'Libertarians' is egter daarteen. Hulle wil hê dat indiwidue meer
verantwoordelik moet neem vir hulle eie besluite, die staat moet homself
onttrek aan die meeste besluite en derhalwe hulself ook onttrek aan die
'welfare state'. Op hierdie manier sal die rykdom wat op die oomblik
vasgehou word deur die staat (dmv belastings), losgemaak word om almal ryker
en vryer te maak.

Jy is natuurlik reg om te sê dat die vryheid van spraak 'n 'libertarian'
tradisie is, maar die stelling wat ek bevraagteken is die dat die Kanadese
stelsel 'libertarian' is.

Liberaal, ja.

nomad@rest.oasis

>
> Ek kan nie jou vraag oor die belasting
> verstaan nie. Wat het dit met vryheid van
> spraak te doen?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Re: W.P W.P W.P W.P W.P W.P
Volgende onderwerp: Re: Word 'n Kultivark !!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 14:17:22 UTC 2024