trekpas [boodskap #145544] |
Di, 11 Junie 2024 20:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
trekpas
Afbreking: trek•pas
Samestelling: trek + pas
Selfstandige naamwoord: trekpas
Meervoud: trekpasse
Betekenis:
• Beëindiging van diens, of 'n versoek om jou goed te pak en te verkas.
Gebruik:
• Die werker wat met sy vingers in die til betrap is het die trekpas gekry.
Spreekwoord:
• Hy kry die trekpas. [Hy word ontslaan; afgesê deur sy meisie.]
Sinoniem:
• afdanking
• ontslag
Vertaling:
Engels: marching orders, dismissal pass, pink slip
Nederlands: marsorders, ontslagpas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|