verstop [boodskap #145514] |
Sun, 09 June 2024 08:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verstop
Afbreking: ver•stop
Samestelling: ver- + stop
Werkwoord: verstop
Verlede tyd: het verstop
Betekenis:
• Om 'n nou gang of pyp te blokkeer; af te sluit.
• Om hardlywig te wees.
Gebruik:
• Die rioolpyp is verstop.
• Al die biltong sal jou verstop.
Sinoniem:
• afsluit
• blokkeer
• strem
• toestop
• vasprop
• versper
Afgelei:
• verstopping
Vertaling:
Engels: to block, clog, plug
Nederlands: verstoppen
Byvoeglike naamwoord: verstop
Attributief: verstopte
Betekenis:
• Wat afgesluit of geblokkeer is.
Gebruik:
• Die loodgieter maak die verstopte pyp oop.
Afgelei:
• verstoptheid
Vertaling:
Engels: cloged, plugged
Nederlands: verstopt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|