Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wilgerboom
wilgerboom [boodskap #145512] Sun, 09 June 2024 08:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wilgerboom.
'n Wilgerboom.
wilgerboom
Afbreking: wil•ger•boom
Samestelling: wilger + boom


Selfstandige naamwoord: wilgerboom
Meervoud: wilgerbome
Verkleinwoord: wilgerboompie
Meervoud van verkleining: wilgerboompies

Betekenis:
• 'n Bladwisselende, waterliewende boom, meestal met takke wat afhang, 'n indringerplant in Suid-Afrika, Salix babylonica.

Gebruik:
• Die wilgerboom het 'n aggressiewe wortelstelsel wat groot probleme kan veroorsaak as dit naby rioolpype geplant word.

Wisselvorm:
• wilg
• wilgeboom
• treurwilg

Afgelei:
• treurwilgerboom
• waterwilgerboom

Vertaling:
Engels: willow tree
Nederlands: treurwilg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verslons
Volgende onderwerp: rioolpyp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 06:36:42 UTC 2024