impromptu [boodskap #145427] |
Sat, 01 June 2024 17:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
impromptu
Afbreking: im•promp•tu
Selfstandige naamwoord: impromptu
Meervoud: impromptu's
Betekenis:
• (informeel) Iets wat spontaan (uit die vuis) en sonder voorbereiding of beplanning gedoen word.
Gebruik:
• Hy word beskou as die eerste komponis wat impromptu's geskryf het.
Sinoniem:
• improvisasie
Hiponiem:
• impromptukonsert
• impromptumaaltyd
• impromptunommer
• impromptutoespraak
Vertaling:
Engels: impromptu
Nederlands: impromptu
Byvoeglike naamwoord: impromptu
Attributief: impromptu
Betekenis:
• Wat geïmproviseer is; spontaan en sonder beplanning of voorbereiding gedoen word.
Gebruik:
• 'n Impromptu mediakonferensie is in die middel van die nag gehou.
Sinoniem:
• onvoorbereid
• spontaan
Vertaling:
Engels: impromptu
Nederlands: impromptu
Nota:
• Die byvoeglike naamwoord het waarskynlik deur Engels in die taal ingesluip.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|