Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Oostenryks
Oostenryks [boodskap #145413] Sa, 01 Junie 2024 08:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20770
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Oostenryks
Afbreking: Oos•ten•ryks
Samestelling: Oostenryk + -s
Uitspraak: /ˈuə̯stənrəɪ̯ks/


Byvoeglike naamwoord: Oostenryks
Attributief: Oostenrykse

Betekenis:
• Wat op die land Oostenryk of sy mense, die Oostenrykers, betrekking het.

Gebruik:
• Die Duitse anneksasie van Oostenryk het algemene steun van die Oostenrykse bevolking geniet.

Verwant:
• Oostenryk
• Oostenryker

Vertaling:
Engels: Austrian
Nederlands: Oostenrijks


Selfstandige naamwoord: Oostenryks
Meervoud:

Betekenis:
• Duitse dialek soos dit in Oostenryk gepraat word.

Gebruik:
• Ek sukkel soms om Oostenryks te verstaan.

Vertaling:
Engels: Austrian
Nederlands: Oostenrijks

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: weiering
Volgende onderwerp: Oostenryker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 22 10:43:12 MGT 2024