Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uittree
uittree [boodskap #145374] Ma, 27 Mei 2024 18:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19392
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uittree
Afbreking: uit•tree
Samestelling: uit + tree


Werkwoord: tree uit, uittree
Verlede tyd: het uitgetree

Betekenis:
• Om na buite te gaan.
• (figuurlik) Om 'n amp te verlaat; jou ontslag neem.

Gebruik:
• 'n Onbekende man tree uit die donker uit.
• Matfield het tot 2015 vir die Springbokke gespeel, nadat hy aanvanklik in 2011 as speler uitgetree het.

Sinoniem:
• abdikeer
• aftree
• bedank
• onttrek
• uitloop
• uitstap
• verlaat

Antoniem:
• intree

Afgelei:
• uittree-annuïteit
• uittreedatum
• uittreeloon
• uittreeouderdom
• uittreepakket
• uittreewedstryd

Vertaling:
Engels: to step out; to retire, resign, withdraw
Nederlands: uittreden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wantoegewys
Volgende onderwerp: opkyk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 22 21:17:02 MGT 2024