Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » raadsaam
raadsaam [boodskap #145336] Fri, 24 May 2024 14:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
raadsaam
Afbreking: raad•saam
Samestelling: raad + -saam


Byvoeglike naamwoord: raadsaam
Vergrotende trap: raadsamer
Oortreffende trap: raadsaamste
Attributief: raadsame

Betekenis:
• Wat 'n mens kan aanbeveel/ aanraai.

Gebruik:
• Wanneer 'n beer jou aanval is dit raadsaam om roerloos te bly lê sodat die beer dink dat jy dood is.

Sinoniem:
• aanbevelenswaardig
• gerade
• gewens
• goed
• nuttig
• verstandig
• voordelig
• wenslik
• wys

Antoniem:
• onraadsaam

Afgelei:
• raadsaamheid

Vertaling:
Engels: advisable, recommendable
Nederlands: raadzaam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wenslik
Volgende onderwerp: wegvat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 06:28:08 UTC 2024