wenslik [boodskap #145335] |
Fri, 24 May 2024 14:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wenslik
Afbreking: wens•lik
Samestelling: wens + -lik
Byvoeglike naamwoord: wenslik
Vergrotende trap: wensliker
Oortreffende trap: wenslikste
Attributief: wenslike
Partitief: wensliks
Betekenis:
• Waarvoor 'n mens sou kon wens.
Gebruik:
• Dit is nie wenslik om jeugoortreders tronkstraf op te lê nie.
Sinoniem:
• begeerbaar
• begeerlik
• gewens
• raadsaam
• verkieslik
Antoniem:
• ongewens
• onwenslik
Afgelei:
• wenslikheid
Vertaling:
Engels: desirable
Nederlands: wenselijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|