langsamerhand [boodskap #145333] |
Fri, 24 May 2024 13:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
langsamerhand
Afbreking: lang•sa•mer•hand
Samestelling: langsaam + -er + hand
Bywoord: langsamerhand
Betekenis:
• Wat geleidelik met verloop van tyd gebeur.
Gebruik:
• Langsamerhand het hulle op mekaar verlief geraak.
Sinoniem:
• algaande
• allengs
• gaandeweg
• geleidelik
• langsaam
• mettertyd
• omslagtig
• stadigaan
• trapsgewys
Antoniem:
• dadelik
• gou
• onmiddellik
Vertaling:
Engels: gradually, little by little, bit by bit
Nederlands: langzamerhand
Nota:
• Bywoord van tyd.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|