Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » strelend
strelend [boodskap #145309] Di, 21 Mei 2024 06:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
strelend
Afbreking: stre•lend
Samestelling: streel + -end


Byvoeglike naamwoord: strelend
Vergrotende trap: strelender
Oortreffende trap: strelendste
Attributief: strelende
Partitief: strelends

Betekenis:
• Wat saggies oor iets streel of stryk, ook figuurlik, aangenaam of vleiend.

Gebruik:
• Sy woorde is so strelend soos olie, maar hulle is swaarde wat reg is om te steek. [Psalms 55:22]

Sinoniem:
• aaiend
• behaaglik
• flikflooiend
• gerusstellend
• helend
• hemels
• saggies
• salwend
• vertroostend
• vleiend

Hiponiem:
• selfstrelend
• sielstrelend
• sinstrelend

Vertaling:
Engels: caressing, coaxing, soothing
Nederlands: strelend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van streel.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gelykstroom
Volgende onderwerp: onakkuraat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 17:05:28 MGT 2024