Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bes
bes [boodskap #145276] Sa, 18 Mei 2024 19:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19163
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bes
Afbreking: bes


Byvoeglike naamwoord: bes
Attributief: bes

Betekenis:
• So goed as moontlik (die oortreffende trap van goed).
• Heel waarskynlik.

Gebruik:
• Dit is een van die bes bewaarde geheime.
• Sy kom bes moontlik volgende week.

Wisselvorm:
• beste

Spreekwoord:
• Les bes. [Ten laaste beste.]
Bes gee. [Erken dat 'n ander mening die beste is.]
• Oos, wes, tuis bes. [Jou eie tuiste bly die beste.]

Vertaling:
Engels: very well
Nederlands: best


Selfstandige naamwoord: bes
Meervoud:

Betekenis:
• Voordeel of nut.
• Die heel beste.

Gebruik:
• Dit is tot sy eie bes.
• Doen net jou bes!

Vertaling:
Engels: best
Nederlands: best

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eierdop
Volgende onderwerp: skub
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 15:09:31 MGT 2024