naellak [boodskap #145261] |
Sat, 18 May 2024 08:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
naellak
Afbreking: na•el•lak
Samestelling: nael + lak
Selfstandige naamwoord: naellak
Meervoud: naellakke
Betekenis:
• Kosmetiese verf wat vir die mooi of vir beskerming op naels aangebring word.
Gebruik:
• Sy verf rooi naellak op haar vinger- en blou naellak op haar toonnaels.
Sinoniem:
• lakvernis
• naelpolitoer
• naelverf
Afgelei:
• naellakverwyderaar
Vertaling:
Engels: nail polish
Nederlands: nagellak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|