struikrower [boodskap #145256] |
Fri, 17 May 2024 19:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
struikrower
Afbreking: struik•ro•wer
Samestelling: struik + rower
Selfstandige naamwoord: struikrower
Meervoud: struikrowers
Verkleinwoord: struikrowertjie
Meervoud van verkleining: struikrowertjies
Betekenis:
• Iemand wat reisigers oorval en hulle beroof.
Gebruik:
• Die struikrowers versper die pad met klippe om motoriste te dwing om 'n ander roete te volg en hulle in 'n lokval in te lei.
Sinoniem:
• bandiet
• padrower
Vertaling:
Engels: robber, highwayman
Nederlands: struikrover
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|