Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » belanghebbende
belanghebbende [boodskap #145107] Wed, 24 April 2024 11:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
belanghebbende
Afbreking: be•lang•heb•ben•de
Samestelling: belang + hebbende


Selfstandige naamwoord: belanghebbende
Meervoud: belanghebbendes

Betekenis:
• Iemand wat 'n belang by iets het.

Gebruik:
• Die omsendbrief sal aan al die belanghebbendes versprei word.

Sinoniem:
• belangstellende
• betrokkene
• geïnteresseerde

Afgelei:
• medebelanghebbende
• onderwysbelanghebbende

Vertaling:
Engels: concerned party, stakeholder
Nederlands: belanghebbende


Byvoeglike naamwoord: belanghebbend
Attributief: belanghebbende

Betekenis:
• Wat 'n belang by iets het.

Gebruik:
• Al die belanghebbende lede is na die vergadering genooi.

Vertaling:
Engels: interested
Nederlands: belanghebbend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: herbewoord
Volgende onderwerp: sinkroniseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 10:54:55 UTC 2024