kys [boodskap #145100] |
Wed, 24 April 2024 07:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kys
Afbreking: kys
elfstandige naamwoord: kys
Meervoud: kyse
Betekenis:
• (informeel) Jou kêrel of nooi. Persoon waarmee jy in 'n vaste verhouding is.
• Die toestand van om in 'n vaste verhouding te wees.
Gebruik:
• Ek en my kys gaan vanaand fliek.
• Die kys is uit!
Sinoniem:
• beminde
• geliefde
• liefie
• liefling
• sleep
• skatjie
Vertaling:
Engels: sweetheart, date
Nederlands: geliefde, liefje, schatje
Werkwoord: kys
Verlede tyd: het gekys
Betekenis:
• Om in 'n vaste verhouding te wees.
Gebruik:
• Sal jy met my kys?
Vertaling:
Engels: to date
Nederlands: uitgaan, daten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|