Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deurloop
deurloop [boodskap #145095] Di, 23 April 2024 11:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deurloop
Afbreking: deur•loop
Samestelling: deur + loop


Werkwoord: loop deur, deurloop
Verlede tyd: het deurgeloop

Betekenis:
• Om van die een kan na die ander kant te loop.
• (figuurlik) Om dit te ontgeld; straf te verduur.

Gebruik:
• Moenie onder die leer deurloop nie!
• Ons almal het onder haar se vlymskerp tong deurgeloop.

Spreekwoord:
• Onder die kweperlat deurloop. [Pak slae kry.]
• Onder die strop deurloop. [Afgeransel word.]

Sinoniem:
• deurgaan
• deurstap
• deurvloei

Vertaling:
Engels: to walk through, run through; to get thrash
Nederlands: doorlopen


Selfstandige naamwoord: deurloop
Meervoud: deurlope

Betekenis:
• Plek wat 'n mens toelaat om van die een kant na die ander kant te loop.

Gebruik:
• Neem die eerste deurloop tot by die parkade.

Sinoniem:
• arkade
• gang
• kolonnade
• wandelgang

Afgelei:
• onderdeurloop
• deurloopdiens
• deurloopgang
• deurloopplek
• deurloopsnelheid

Vertaling:
Engels: passage
Nederlands: doorloop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Asiër
Volgende onderwerp: bevuil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 21:22:32 MGT 2024