eerbewys [boodskap #145052] |
Tue, 16 April 2024 13:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eerbewys
Afbreking: eer•be•wys
Samestelling: eer + bewys
Selfstandige naamwoord: eerbewys
Meervoud: eerbewyse
Betekenis:
• 'n Blyk van agting en waardering.
Gebruik:
• Mimi Coertse ontvang in 1996 die Oostenrykse Erekruis, die hoogste eerbewys wat 'n kunstenaar in dié land kan ontvang.
Sinoniem:
• bekroning
• ereblyk
• gelukwensing
• huldebetoon
• huldeblyk
• huldiging
• kompliment
• prys
• toekenning
• verering
Vertaling:
Engels: token of appreciaton, accolade, honour
Nederlands: eerbewijs
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|