ondeurdag [boodskap #145042] |
Sun, 14 April 2024 10:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ondeurdag
Afbreking: on•deur•dag
Samestelling: on- + deurdag
Byvoeglike naamwoord: ondeurdag
Attributief: ondeurdagte
Betekenis:
• Sonder om eers goed oor 'n saak na te dink.
Gebruik:
• Sulke ondeurdagte wetswysigings moet in die hof beveg word.
Sinoniem:
• impulsief
• irrasioneel
• onbedag
• onberedeneerd
• onnadenkend
• onoordeelkundig
• onversigtig
• onverstandig
Antoniem:
• deurdag
Afgelei:
• ondeurdagtheid
Vertaling:
Engels: thoughtless, rash, not thought through
Nederlands: ondoordacht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|