tolgeld [boodskap #145040] |
Sun, 14 April 2024 09:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tolgeld
Afbreking: tol•geld
Samestelling: tol + geld
Selfstandige naamwoord: tolgeld
Meervoud: tolgelde
Verkleinwoord: tolgeldjie
Meervoud van verkleining: tolgeldjies
Betekenis:
• Die geld wat betaal moet word om 'n hek, pad, brug of tonnel te mag gebruik.
Gebruik:
• Die tolgeld wat by die tolhek gehef word beloop R50 per motor.
Sinoniem:
• hekgeld
• tol
• toltarief
Vertaling:
Engels: toll, tollage
Nederlands: tolgeld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|