voordrag [boodskap #145011] |
Thu, 11 April 2024 19:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voordrag
Afbreking: voor•drag
Samestelling: voor + drag
Selfstandige naamwoord: voordrag
Meervoud: voordragte
Betekenis:
• Iets wat voor 'n gehoor voorgedra word, of die manier waarop dit voorgedra word.
Gebruik:
• Jou voordrag moet mense boei en emosioneel aangryp.
Sinoniem:
• diksie
• praatjie
• resitasie
• voorlesing
Hiponiem:
• solovoordrag
Afgelei:
• voordragkuns
• voordragkunstenaar
• voordragwedstryd
Vertaling:
Engels: recital, recitation, speech, presentation
Nederlands: voordracht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|