pasgebore [boodskap #145006] |
Thu, 11 April 2024 16:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pasgebore
Afbreking: pas•ge•bo•re
Samestelling: pas + gebore
Byvoeglike naamwoord: pasgebore
Attributief: pasgebore
Betekenis:
• Wat kort tevore gebore is.
Gebruik:
• Die ouers van 'n pasgebore baba ervaar gemiddeld 77 slapelose nagte in die eerste jaar.
Spreekwoord:
• So onskuldig soos 'n pasgebore kind. [Heeltemal onskuldig.]
Sinoniem:
• piepjong
• piepklein
Verwant:
• pasgeborene (s.nw.)
Vertaling:
Engels: newborn
Nederlands: pasgeboren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|