vakansieplek [boodskap #145005] |
Thu, 11 April 2024 15:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vakansieplek
Afbreking: va•kan•sie•plek
Samestelling: vakansie + plek
Selfstandige naamwoord: vakansieplek
Meervoud: vakansieplekke
Verkleinwoord: vakansieplekkie
Meervoud van verkleining: vakansieplekkies
Betekenis:
• 'n Plek waar 'n mens kan vakansie hou.
Gebruik:
• Die Myl 108-kampeerterrein net noord van Kaapkruis in Namibië is 'n gewilde vakansieplek.
Sinoniem:
• ontspanningsoord
• rusoord
• vakansiebestemming
• vakansieoord
Verwant:
• kampeerplek
• piekniekplek
Vertaling:
Engels: holiday place, vacation spot
Nederlands: vakantieplek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|