kristal [boodskap #144990 ]
Tue, 09 April 2024 19:02
Leksikograaf
Boodskappe: 20946Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kristal.
kristal
Afbreking: kri•stal
Selfstandige naamwoord: kristal
Meervoud: kristalle
Verkleinwoord: kristalletjie
Meervoud van verkleining: kristalletjies
Betekenis:
• Steen met 'n reëlmatige atomiese struktuur, dikwels deurskynend, wat op chemiese wyse ontstaan het.
• Helder glas wat geslyp is.
Gebruik:
• Kristallisering is proses waardeur kristalle gevorm word en kristallografie is die studie van kristalle .
• Die kandelare van kristal skitter in die lig.
Hiponiem:
• bergkristal
• kieselkristal
• kwartskristal
• laserkristal
• rotskristal
• sneeukristal
• soutkristal
• suikerkristal
• yskristal
Afgelei:
• kristalagtig
• kristalas
• kristalbou
• kristalbuis
• kristaldruiwe
• kristalfabriek
• kristalglas
• kristalhelder
• kristalholte
• kristalkunde
• kristalkundig
• kristalkyker
• kristalkykery
• kristallens
• kristalliet
• kristallisasie
• kristalliseer
• kristallisering
• kristallograaf
• kristallografie
• kristallyn
• kristalnaald
• kristalsoda
• kristalstelsel
• kristalster
• kristalstruktuur
• kristalvorm
• kristalvormig
• kristalvorming
• kristalwater
• kristalwerk
• kristalwier
Vertaling:
Engels: crystal
Nederlands: kristal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.