bekwaamheid [boodskap #144985] |
Mon, 08 April 2024 12:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bekwaamheid
Afbreking: be•kwaam•heid
Samestelling: bekwaam + -heid
Selfstandige naamwoord: bekwaamheid
Meervoud: bekwaamhede
Betekenis:
• Die toestand van bekwaam wees; vermoë om iets goed te kan doen.
Gebruik:
• Hy het homself met ywer en bekwaamheid van sy taak gekwyt.
Sinoniem:
• aanleg
• bedrewenheid
• begaafdheid
• bevoegdheid
• ervarenheid
• doeltreffendheid
• geskiktheid
• knapheid
• kompetensie
• kundigheid
• kwalifikasie
• talent
• vaardigheid
• vakmanskap
• vermoë
• vernuftigheid
Antoniem:
• onbekwaamheid
Hiponiem:
• leesbekwaamheid
• onderwysbekwaamheid
• regsbekwaamheid
Afgelei:
• bekwaamheidstoets
Vertaling:
Engels: competence, capability, ability, skill, adeptness
Nederlands: bekwaamheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|