Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lewensvatbaar
lewensvatbaar [boodskap #144948] Thu, 04 April 2024 12:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewensvatbaar
Afbreking: le•wens•vat•baar
Samestelling: lewe + -ns- + vatbaar


Byvoeglike naamwoord: lewensvatbaar
Vergrotende trap: lewensvatbaarder
Oortreffende trap: lewensvatbaarste
Attributief: lewensvatbare
Partitief: lewensvatbaars

Betekenis:
• Wat 'n kans het om te kan lewe.
• (figuurlik) Wat kan funksioneer of bly bestaan.

Gebruik:
• 'n Baba wat minder as 550 gram weeg is nie regtig lewensvatbaar nie.
• Dit verg harde werk en uiterste toewyding om 'n lewensvatbare besigheid op die been te bring.

Sinoniem:
• kiemkragtig
• lewensgeskik
• lewenskragtig

Afgelei:
• lewensvatbaarheid

Vertaling:
Engels: viable
Nederlands: levensvatbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koffiewinkel
Volgende onderwerp: gasspreker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 15:11:11 UTC 2024