onnet [boodskap #144946] |
Thu, 04 April 2024 07:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onnet
Afbreking: on•net
Samestelling: on- + net
Byvoeglike naamwoord: onnet
Vergrotende trap: onnetter
Oortreffende trap: onnetste
Attributief: onnette
Betekenis:
• Wat nie netjies en aan die kant is nie.
Gebruik:
• Hoekom is jou kamer altyd so vuil en onnet?
• Haar onnette voorkoms val dadelik op.
Sinoniem:
• deurmekaar
• omgekrap
• onordelik
• onversorg
• slodderig
• slonserig
• slordig
• verslons
• verwaaid
• vuil
Antoniem:
• aan die kant
• netjies
Afgelei:
• onnetheid
Vertaling:
Engels: untidy
Nederlands: onnet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|