koolstofmonoksied [boodskap #144933] |
Mon, 01 April 2024 19:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koolstofmonoksied
Afbreking: kool•stof•mo•nok•sied
Samestelling: koolstof + monoksied
Selfstandige naamwoord: koolstofmonoksied
Meervoud: koolstofmonoksiede
Betekenis:
• Kleurlose, reuklose, smaaklose, giftige gas wat deur die onvolledige oksidasie van koolstof verkry word.
Gebruik:
• Die koolstofmonoksied wat deur motors en en industriële prosesse vrygestel word, besoedel die aarde se atmosfeer.
Afkorting:
• CO
Vertaling:
Engels: carbon monoxide
Nederlands: koolstofmonoxide
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|