katswink [boodskap #144930] |
Mon, 01 April 2024 09:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
katswink
Afbreking: kat•swink
Samestelling: kat + swink
Byvoeglike naamwoord: katswink
Attributief: katswinke
Betekenis:
• Wat dronk, bedwelmd of bewusteloos is. In 'n ligte beswyming of kortstondige floute.
Gebruik:
• Die bokser het sy opponent katswink geslaan.
Sinoniem:
• bedwelmd
• bewusteloos
• disnis
• duiselig
• flou
• kapot
• uitgeslaan
Afgelei:
• katswinkslag
Vertaling:
Engels: dazed, unconscious
Nederlands: katzwijm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|