limfoom [boodskap #144919] |
Sun, 31 March 2024 17:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
limfoom
Afbreking: lim•foom
Samestelling: limf + -oom
Selfstandige naamwoord: limfoom
Meervoud: limfome
Betekenis:
• Swelling van die limfkliere (limfknope), dikwels kwaadaardig, wat die bloedselle aantas.
Gebruik:
• Limfoom kan met bestraling, chemoterapie en ander metodes behandel word.
Sinoniem:
• kliergeswel
• klierkanker
Vertaling:
Engels: lymphoma
Nederlands: lymfoom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|