hoekmeter [boodskap #144915] |
Sun, 31 March 2024 12:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoekmeter
Afbreking: hoek•me•ter
Samestelling: hoek + meter
Selfstandige naamwoord: hoekmeter
Meervoud: hoekmeters
Verkleinwoord: hoekmetertjie
Meervoud van verkleining: hoekmetertjies
Betekenis:
• Persoon wat hoeke meet, of 'n instrument waarmee hoeke gemeet word.
Gebruik:
• 'n Hoekmeter kan gebruik word om die hoogte van 'n voorwerp (soos 'n gebou of toring) te bepaal.
Sinoniem:
• hoekmeetinstument
Hiponiem:
• gradeboog
• sekstant
• swaaihaak
• teodoliet
Afgelei:
• hoogtehoekmeter
• sterrehoekmeter
Vertaling:
Engels: angle meter, inclinometer
Nederlands: hoekmeter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|