bloedplaatjie [boodskap #144909] |
Sun, 31 March 2024 10:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bloedplaatjie
Afbreking: bloed•plaat•jie
Samestelling: bloed + plaatjie
Selfstandige naamwoord: bloedplaatjie
Meervoud: bloedplaatjies
Betekenis:
• Plaatvormig element in bloed wat met stolling help (die kleinste van die "selle" in die bloedstroom).
Gebruik:
• Bloedplaatjies besit geen hemoglobien of selkern nie en is noodsaaklik vir bloedstolling om bloedverlies weens beserings te verminder.
Sinoniem:
• trombosiet
Vertaling:
Engels: blood platelet, thrombocyte
Nederlands: bloedplaatje, trombocyt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|