diktaat [boodskap #144891] |
Thu, 28 March 2024 17:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
diktaat
Afbreking: dik•taat
Selfstandige naamwoord: diktaat
Meervoud: diktate
Verkleinwoord: diktaatjie
Meervoud van verkleining: diktaatjies
Betekenis:
• Aantekeninge van dit wat mondeling meegedeel is, of wat aan ander meegedeel (gedikteer) moet word.
• 'n Bevel of ander dwingende voorskrif.
Gebruik:
• Die dosent het sy diktaat by die huis vergeet en kon nie met die les voortgaan nie.
• Die Boere het hulle nie veel aan die koningin se diktate gesteur nie.
Afgelei:
• diktaatboek
• diktaatskrif
Verwant:
• dikteer
Vertaling:
Engels: dictation
Nederlands: dictaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|