Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dreigend
dreigend [boodskap #144882] Wed, 27 March 2024 12:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
dreigend
Afbreking: drei•gend
Samestelling: dreig + -end


Byvoeglike naamwoord: dreigend
Vergrotende trap: dreigender
Oortreffende trap: dreigendste
Attributief: dreigende
Partitief: dreigends

Betekenis:
• Wat 'n mens dreig; vrees en angs inboesem.
• Wat onaangenaam is en dalk binnekort kan gebeur.

Gebruik:
• Die onderwyser het sy vinger dreigend rondgeswaai.
• Die sportbyeenkoms is weens die dreigende weer uitgestel.

Sinoniem:
• angswekkend
• intimiderend
• onheilspellend
• onrusbarend
• sinister

Vertaling:
Engels: threatening, menacing; imminent, looming, impending
Nederlands: dreigend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onafwendbaar
Volgende onderwerp: kaartjieverkoper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 14:39:18 UTC 2024